Hou asb in gedagte dat hierdie gebruikte (tweedehandse) klere is wat herverkoop word en dit beteken dat die items “vorige liefde-skade” mag wys. Klere kom van verskeie bronne en verskaffers. Ons het sover moontlik probeer om beskikbare voorraad se groottes te standardiseer op die webwerf. Dit is baie belangrik dat ouers die Grootte Matriks op die webwerf bestudeer om seker te maak dat die korrekte groottes bestel word. Dit verhoed terleurstelling indien die alternatiewe grootte nie beskikbaar is nie, en verhoed ‘n onnodige tweede afspraak. Om kommunikasie te vergemaklik, is dit belangrik om u kontakbesonderhede korrek te voltooi met die registrasie op die webwerf. Enige navrae, insluitend vir die omruil van klere, kan gerig word aan info@back2schoolmall.co.za
You may also like
Recently viewed
Veilige betalings
Ons gebruik Yoco om elektroniese betalings te bestuur